Verseker so verhoogde dragtigheidsyfers met KI

Kunsmatige inseminasie word toenemend belangriker vir hedendaagse boere. Die groot voordele wat KI inhou, is dat beter genetika teen meer bekostigbare pryse bekom kan word. Siektes soos byvoorbeeld Trichomoniase kan ook makliker voorkom en beheer word.